Gaan na inhoud
Die Naguilklub Hoof Embleem
  • Login
Kieslys
  • Login
  • English (South Africa)
  • Afrikaans
Kieslys
  • English (South Africa)
  • Afrikaans
R0.00 Mandjie
  • Tuis
  • Ontmoet Die Naguile
    • Juanli Theron
    • Lente Swift
    • Suzanne Smit
    • Ons Storie – Die Naguilklub
  • Word Deel
  • Artikels
    • Artikels
    • Stemme en Stories
  • Nuusbriewe
  • Winkel
  • Profiel
  • Kontak Ons
Kieslys
  • Tuis
  • Ontmoet Die Naguile
    • Juanli Theron
    • Lente Swift
    • Suzanne Smit
    • Ons Storie – Die Naguilklub
  • Word Deel
  • Artikels
    • Artikels
    • Stemme en Stories
  • Nuusbriewe
  • Winkel
  • Profiel
  • Kontak Ons
Om die artikel te kan lees login of word deel van Die Naguilklub.
VorigeVORIGE COVID KOM STEEL…

Nuusbriewe

LANK LEWE DIE LIEFDE

Februarie 1, 2021

HOOP 2021

Januarie 11, 2021

DANKIE TOG!

Desember 14, 2020

THE GOOD, THE BAD AND THE BEAUTIFUL

Oktober 29, 2020

#MEERASNET

September 15, 2020

WELKOM!

Augustus 3, 2020

Stemme en Stories

COVID KOM STEEL…

WAT LIEFDE WERKLIK IS…

HOE MAAK ‘N MENS LIEFDE?

DIE HOOP BESKAAM NIE

HOOP EN BREINONTWIKKELING

EK HOOP JY SAL HOOP

Creativ&kin-logo-vectors_RGB
Annapatat-Kids-Die-Naguiklub-ad
Annapatat-Kids-Die-Naguiklub-ad
Creativ&kin-logo-vectors_RGB

In Ons Winkel

  • Weekbeplanner

    R0.00
  • Raising Happy Children: The Key to a Calm Connected Child

    R150.00
  • Die Naguilklub Embleem

    Die Naguilklub Intekening

    VANAF: R35.00 / maand
  • Kleine Muis Mylpaalkaartjies 1

    Kleine Muis Mylpaalkaartjies

    R165.00

. SEUNTJIEMENS @lente_swift William: “Ek gaan .
SEUNTJIEMENS
@lente_swift 

William: “Ek gaan die áárde optel en ál die mis, (het mamma geweet mis is eintlik soos wolke ... 🥁 maar op die gróóónd!), want ek het sterk spiere. Kyk my spiere! En ek is slim. Nicholas is ook slim, hy is my beste maatjie.”
 
Ek: “Mooi, my liefie, mamma sien jou spiere, maar kan jy die grote aardbol net vir ‘n oomblik uitlos en jou trui aantrek?”
 
William: “Nee, dis te moeilik. Ek weet nie hoe nie.”

Ek: 🤷🏻‍♀️🤯😱

***
Hey, jy! Jy met jou laggende mond wat diep dimpels in jou wange kielie. Jy wat vreesloos die wêreld bestorm, met ogies wat blou-nuuskierig flikker, ‘n koppie wat alles probeer verstaan en ‘n lyfie vol onuitputbare energie. 
 
Hey, jy ...
Ek hardloop nie meer so baie om jou te vang nie. Ek sit ál hoe meer en kyk vir jou, verstom oor die mensie wat ek eens binne-in my lyf gedra het en nou skaars op my skoot pas. Jy het my minder nodig, so ek klou vas aan die oomblikke wat jy nog met totale oorgawe in my arms inhardloop, verseker in die wete dat ek jou gaan vang. (Moenie vir iemand sê nie, maar ek hou ‘n bietjie daarvan as jy ‘n bietjie siek is, of vaak is, of as jy jou knie stukkend val.)
 
Hey, jy ...
Mag jy altyd braaf en vol hoop die wêreld se oppe en affe in die oë kyk. Mag jou skouers breed en sterk word omdat jy weet wie jy is, hoe spesiaal en spesifiek jy gemaak en uitgedroom is deur ons Vader, en wat die unieke geskenk is wat jy na die wêreld toe bring.

Ag, my liefie, mag jy huil, en mag jy lag, en mag jy die volheid en wonder van hierdie een lewe wat jy het, in oorvloed ervaar.
 
Mag jou groot spiere en innerlike krag jou ‘n eerbare man van integriteit maak. ‘n Man op wie mense kan pyl trek, wat dinge laat gebeur, dóén wat hy sê en só diep spore trap.
 
Mag jy die wonders van hierdie aardbol van jou gaan verken en in die proses, jouself as merkwaardig ontdek.
 
Mag jou hart wild en woes en ság bly!
 
En wanneer jy lank word, en ek moet opkyk as jy my groet - wanneer ek nie meer jou einas met spoeg en ‘n Paw Patrol pleister kan fix nie- mag my arms steeds vir jou veilig en vol liefde wees.
 
Hey, jy! Geraas met ‘n stofstreep op jou wang: dankie vir die avontuur van jóú, my seuntjiemens!

Mamma💙
Daar is 'n paar goed in die lewe wat jou nederig h Daar is 'n paar goed in die lewe wat jou nederig hou, onder andere kinders ... 👩🏻‍🤝‍👨🏽

♥️ Was dit dalk andersom vir jou? Of het jou kinders dalk dieselfde temperamente? 

Naguilliefde x

#dienaguilklub
#inspirasiestasie
#ouerskapsonderoordeel
#eendersanders
#parentinglife
OMDAT HY OPGESTAAN HET, KON SY ... Ons is by 'n k OMDAT HY OPGESTAAN HET, KON SY ...

Ons is by 'n kinderpartytjie verlede jaar, toe kuiers toegelaat was. Dis feestelik en net so lekker om normaliteit te ervaar. Kinders swem, ons kyk, haal floaties uit om alles te kan sien. En dan na 'n rukkie:

"Hoekom ... Hoekom lê ... Hoekom lê sy daar?! Hoekom lê sy daar doer onder?!"

 'n Flitsgedagte met eerste oogopslag bou op na 'n ongelowige fluister tot histeriese en herhalende gille. 

Het ons gekyk? Ja. Kan ons kinders swem? Ja. Was dit 'n fratsongeluk? Ja. 5ml is al wat nodig is om in te verdrink. 'n Teelepel water is genoeg ...

En dan, histerie. Geen ander woord kan dit beskryf nie. 

"Nee! Nee! Asseblief, Jesus, asseblief ... Nee!" skree ek ten hemele terwyl ek nader aan die swembad hardloop. 

"Kry asseblief vir Klaradyn ...!" skree ek vir enige een wat dadelik kan reageer. Survival mode skop in en ek is bang haar ouer sussie probeer iets om te help en kom dan ook iets oor. Klokhelder gedagtes te midde van 'n chaotiese situasie, te midde van 'n tragedie.

"Is dít hoe dit voel om 'n kind te verloor?! Is dít nou deel van ons ...? Wie gaan ons ouers laat weet?" Flitse in sekondes, veg-en-vlug gedagtes. As 'n swemmer wéét ek geen mens lê doodstil met jou gesig na ondertoe op die bodem van 'n swembad as jy dit nog kan help nie ... maar my gees aanvaar nie vir 'n oomblik dat hierdie omstandighede ons waarheid sal wees nie. 

Intussen het haar pappa, my liefste, haar lyfie uitgeduik. Ja, haar lyfie. 'n Kosbare vriendin bel die ambulans, Klaradyn huil, sy sit haar op haar skoot tussen die chaos deur en 'n ander liewe vriendin neem oor en praat verder met die ambulans, of eerder probeer die oproep trotseer. Nog 'n vriendin probeer om my te beskerm en my van die situasie weg te hou, maar my lyf baklei en ek smeek: "Jy verstaan nie, ek moet net by haar voetjies sit en bid - ek sal nie oorneem nie, ek wil net by haar sit en bid."

(Vervolg in kommentaar hieronder ...)
Díé L I E F D E Deur: @lente_swift My hart het Díé L I E F D E
Deur: @lente_swift 

My hart het al hoog gesweef - verlief, dronk van die liefde - en ook al stukkend aan my voete gelê - ontnugter, deur ‘n skaduwee verraai. 

Op 33 het ek al genoeg leef ingepak om oortuig te wees dat ek die liefde in al sy soet en bitter glorie geproe het. 

Maar toe ontmoet ek jou.

Geweef in my binneste, my bloed, my hartklop. Geskape in my gedagtes en deel van my drome. ‘n Stukkie van my, vir altyd gebêre in jou. 

Voor jou eerste klankies kon ek die band met jou voel uitroep na my. Die verlangende instink om jou vas te druk en veilig te hou: oorweldigend.

Dit sou nóg twee jaar wees voor jy uit jou eie vir my sou sê dat jy my ook lief het. Tog hou ek aan sus, as my skouers reeds in spasmas is en my arms soos lood voel, wanneer my oë brand van die moeg en ek yskoud aan die slaap raak in die wiegstoel. Vir jou, piepklein, warm toegewikkel, aan die slaap teen my bors. 

Met elke stukkie geduld van weer en weer, met elke stukkie van my liggaam, my tyd, my gedagtes, my slaap, my kos, my identiteit wat ek offer ... 
vergroot jy my hart en rou vir die ou ék wat besig is om te sterf. 

Ek kyk in die spieël en wonder aan wie behoort hierdie sagte oë wat skielik vir my terugkyk, die brawe glimlag en die nuwe plootjies wat bekommernis herdefinieër.

En so nou ... nóú eers begin die konsep van liefde te verstaan. Nou begryp ek iets van die ouerhart van God wat “die wêreld so liefgehad het dat Hy sy enigste Seun gegee het”. 
Ek sal in ‘n oogwink my lewe vir my kind neerlê. Maar haar lewe verruil vir iemand anders sin, terwyl sy smeek dat ek haar nie seermaak nie? En dan haar pyn en absolute angs moet aanskou, haar verwerp wanneer sy my dié nodigste het en kies om, teen instink, nie te red nie? 

Nou ... as jy met totale oorgawe na my toe hardloop, en die son jou rooi hare aan die brand slaan en jy uitroep: “Mamma, ek is LIEF vir jou!” ...

Nou eers ken ek die soet van die liefde en die lewe. Nou lê die liefde in taai spoegsoene en verlepte blommetjies in modder handjies. 

En nóú weet ek, ek het geen idee hoe God die bitter prys vir ons kon betaal nie. Hoe diep moet sy liefde nie vir ons lê dat Hy sy eie kind nie gespaar het nie?
Na verskeie versoeke om die Klub meer “oop” te Na verskeie versoeke om die Klub meer “oop” te maak, moes ons 'n nuwe naam oorweeg om almal hier welkom te laat voel. 

Hierdie werk goed vir ons, wat dink jy? Dit is mos immers wat ons is ... 😉

#dienagklub
#inspirasiestasie
#ouerskapsonderoordeel
#almaliswelkom
Load More... Follow on Instagram
  • Tuis
  • Word Deel
  • Artikels
  • Stemme en Stories
Kieslys
  • Tuis
  • Word Deel
  • Artikels
  • Stemme en Stories
  • Ons Storie – Die Naguilklub
  • Juanli Theron
  • Suzanne Smit
  • Lente Swift
Kieslys
  • Ons Storie – Die Naguilklub
  • Juanli Theron
  • Suzanne Smit
  • Lente Swift
  • Winkel
  • Rekening
  • Mandjie
  • Kontak Ons
Kieslys
  • Winkel
  • Rekening
  • Mandjie
  • Kontak Ons
Facebook
Instagram
Gebou deur VDWALT TEAM
© Kopiereg. Die Naguilklub 2020. Alle regte voorbehou.

Lost your password?