HOE MAAK ‘N MENS LIEFDE?

Is dit dan nie die maklikste, mees natuurlike ding onder die son nie? Dit is tog die uitvloeisel van alle vorme van intimiteit in jou huwelik.  Dit is gebore in passie, gedryf deur natuurlike aangetrokkenheid.  ‘n Drang. ‘n Basiese behoefte waarsonder jy nie kan klaarkom nie. Soos water en suurstof!

Reg?  Totdat jy kinders gehad het …  Dan raak dit dikwels ‘n plig en alles behalwe die bogenoemde. Alles behalwe Hollywood en jou een vriendin wat brag oor hoe lekker dit vir haar is en hoe great sy en haar man in die slaapkamer connect ...  Dis skielik ‘n taak. Iets waaroor jy skuldig voel. Waarna jy opsien.  Wat elke keer vir jou voel asof jy nie aan verwagtinge voldoen nie.

Moet asseblief nie skuldig voel nie. Moet asseblief nie so hard wees op jouself nie.  Dit gebeur met die meeste paartjies dat passie vir ouerskap, met al sy verantwoordelikhede, moet plek maak. 

Natuurlik is daar daardie paartjies vir wie seks ‘n wonderlike, spesiale deel van hulle huwelik bly, selfs deur al die chaos van werk en kinders.  Daar is daardie paartjies wat elke keer voel dat hulle wel liefde maak wanneer hulle seks het.  As dit jy is, is dit wonderlik en ‘n gawe wat jy behoort te koester.

Die meeste paartjies moet egter ‘n punt daarvan maak om liefde te maak.  ‘n Mens wil dit soms graag so vinnig as moontlik verby kry omdat jy moeg is, maar moenie!  Vat die tyd om dit spesiaal te maak. Om regtig te connect.  Al is dit nie alles van Hollywood of alles wat dit was nie, is dit BAIE beter as niks. Maak tyd daarvoor en maak dit spesiaal.

Ek hoor egter dikwels dat mense nie weet hoe nie.  Hulle kort idees en tegnieke. 

Hier is hoe ons by My Sexual Health jou in die maand van liefde kan help om weer regtig liefde te maak:

  • Indien jy aan ons uitdaging wil deelneem en elke dag ‘n unieke Sensuele Masseringstegniek in jou inbox wil ontvang, teken hier op daarvoor. Ek daag jou uit om elke aand iets nuuts te probeer.  Dit hoef glad nie op seks uit te loop nie!  (En al het julle nie seks nie, is dit nogsteeds ‘n manier om liefde te maak.)

Ek daag jou uit om in Februarie weer te leer om liefde te maak.  Laat ons jou ‘n paar idees gee – dit is dalk baie lekkerder as wat jy gedink het dit kan wees!

Liefde,

Dr Elna Rudolph


Kliniese Hoof van My Sexual Health

Instagram: @my_friend_wants_to_know en @sexologistmom. Facebook: https://www.facebook.com/DrElnaRudolph

Deel op
Deel op
Deel op

Lewer Kommentaar