DIE HOOP BESKAAM NIE

(…behalwe soms, as dit by seks kom!)

Hoop. Dit is natuurlik waarmee amper almal by my spreekkamer instap.  Die wat deur hulle moedelose maats aan die kraag daar ingesleep word, het dalk soms nie hoop nie, maar die res is almal so hoopvol. 

Party hoop dat hulle maats soms sommer spontaan seks sal inisieer. Party hoop dat hulle maats net soms entoesiasties sal “ja!” sê as húlle seks inisieer. Party hoop dat hulle dalk eendag sal kan seks hê sonder dat dit sal seer wees.  Party hoop om ‘n orgasme te bereik of dalk net weer eendag ‘n spontane ereksie te kan hê.  Party hoop om hulle hormone uit te sorteer sodat hulle gewig kan verloor. 

Hoop is meestal ongelukkig nie goed genoeg as dit by die verbetering van jou sekslewe of seksuele gesondheid kom nie.  Jy sal iets moet DOEN om dit te verbeter.

Hier is 5 maklike stappe wat jy kan neem om in 2021 jou sekslewe of seksuele gesondheid te verbeter:

  1.  Maak BEURTE om seks te inisieer en doen dit dan met entoesiasme!  (Het jy geweet dat jy nie noodwendig LUS hoef te wees om seks entoesiasties te inisieer nie!? Indien jou kop, hormone en dinge in die verhouding reg is, hoort jy lus te raak soos wat die voorspel vorder. Dit is heeltemal normaal om seks te inisieer al voel jy nie voor die tyd oorweldigend lus daarvoor nie – die lus sal volg!)
  1. Kom vir n ondersoek en kry die regte behandeling indien jy sukkel met iets soos seksuele pyn, erektiele disfunksie, premature ejakulasie, ‘n lae libido of probleme met orgasme.
  1. Laat ons jou hormone ‘n slag toets en kyk of daar nie iets is wat ons kan verbeter om jou te help om ‘n beter libido of meer lewenslus te hê nie, of selfs om te kan gewig verloor! Indien jy vind dat jy, ten spyte van goeie stimulasie tydens voorspel, nie lus raak vir seks nie, is daar waarskynlik iets fout met jou hormone. Kom ons toets dit!
  1. Kyk na die MINKI program op Via TV, kanaal 147 om 19h30 elke Woensdagaand.  Ek antwoord elke week ‘n seksuele gesondheidsvraag van een van Minki se kykers – jy gaan beslis iets nuuts leer!
  1. Teken in op My Sexual Health se nuusbrief om persoonlik in kennis gestel te word van ons gratis webinars wat ons in hierdie jaar aanbied, oor temas soos lae libido, seksuele pyn, erektiele disfunksie en hoe om met jou kinders oor seks te praat. Klik hier om in te teken: http://eepurl.com/cJrmHf

My boodskap aan jou is dat daar ALTYD hoop is op ‘n beter sekslewe. Moenie moed opgee nie! Soms moet ons verwagtinge effens aanpas en soms is daar intensiewe behandeling nodig, maar daar is altyd hoop!

Ek wens vir jou alle sukses, op alle vlakke, in 2021!

Liefde,

Dr Elna Rudolph
Kliniese Hoof van My Sexual Health (http://mysexualhealth.co.za/)

Instagram: @my_friend_wants_to_know en @sexologistmom.

Facebook: https://www.facebook.com/DrElnaRudolph en https://www.facebook.com/MSHClinic

Deel op
Deel op
Deel op

Lewer Kommentaar