THE FAST AND THE FURIOUS
Daar sit ek en manlief in die kar. Dis spitsverkeer op ‘n Woensdagmiddag en Manlief is onseker oor watter afdraai om te neem.
Daar sit ek en manlief in die kar. Dis spitsverkeer op ‘n Woensdagmiddag en Manlief is onseker oor watter afdraai om te neem.
Ek ken die stappe en fases van die geboorteproses góéd – as ma en as dokter. Ek weet hoe dit lyk as dit mooi gaan, maar ook as dinge begin “Suid” gaan.
“Tannie, het jy jou baba uitgesny of het jy gedruk?” “Ek gaan ook nie druk nie, Tannie, ek hoor dis baie seer!” – Heymarie, 8 jaar oud.
Eendag, nie-so-lank-gelede-nie, was hoëhakskoene dalk ‘n daaglikse deel van jou lewe. Jou borste was net bedoel vir mooi bra’s en afleiding vir jou man se oë, né?
As daar nou een ding is wat ek nooit sal vergeet van die tyd toe ek in kraamsale gewerk het nie, is dit die benoude uitdrukkings op die amper-pa’s se gesigte. Amper hulpeloos, verlore en op-die-nippertjie gesigte.
Ma-wees was nog altyd my droom. En dit was toe ook die belangrikste reis wat ek al ooit op was. Maar, o wee, dit was ook die uitdagendste en mees veeleisende ervaring ooit!