NET ‘N DAG

Vandag is net nog ‘n dag.

Jy hoef nie nou te weet wat om te doen, hoe om dit te doen of wie jy veronderstel is om te moet wees nie. Jy hoef ook nie elke dag dieselfde te wees nie. Jy is ‘n komplekse, multidimensionele meesterstuk van wie meer as een ding op ‘n slag waar kan wees.

Jy kan ‘n roetine hê én besluit om jou eie reëls te breek.

Jy kan die craft mamma wees én besluit dat jou kinders vir vandag nét TV kyk.

Jy kan die fun mamma wees én dissipline streng toepas.

Belangrikste van al’s: jy kan net wees. Sonder skuldgevoel, oordeel en teleurstelling in jouself.

Ék leer nie tans ‘n nuwe skill nie, my side hustles hang met tye aan baie dun draadjies, en die enigste “kennis” wat ek opdoen is:

• hoe om 300 snacks ‘n dag te maak;

• hoe om ‘n stil gaatjie in my huis te vind;

• hoe om die beste sibling war “ref” te wees.

Mense se kapasiteit verskil,

mense se persoonlikhede en omstandighede verskil,

mense se manier van streshantering en wat hulle nodig het om deur die dag te kom, verskil.

En jóúne verskil, van gister na vandag.

Nou meer as ooit, moet jy jouself nié vergelyk met die snippet van iemand anders se wêreld wat jy op sosiale media sien nie. En om vadersnaam, moenie iemand anders oordeel vir hoe húlle hierdie onsekerheid hanteer nie, almal doen net hulle bes.

En weet jy wat? Ek belowe jou, niemand gaan ‘n medalje kry vir die mooiste/beste/produktiefste/”pinterestableste” COVID-19 nie. Hou op om jouself so te boelie.

Be kind (with yourself).

Hold space (for yourself).

En haal baie asem!

Hierdie dag is net ‘n dag. Dalk ‘n super suf een. Maar steeds net ‘n dag. Dit definieer nie die totaliteit van jou ouerskap nie. Kom ons gee onsself ‘n bietjie meer krediet vir wie ons eintlik is.

Ek moes vanoggend dié peptalk met die mens in die spieël hê, tans gekleë in ‘n stock standard swart ski pant.

Dalk het jy dit ook nodig, of dalk is daar ‘n ander ma op jou pad met wie jy hierdie kan deel.

Vandag is net nog ‘n dag.

Lente

Deel die artikel

Deel op
Deel op

Lewer Kommentaar

Nuusbriewe