WAT ROOK DANIEL TIGER SE MA?

WAT ROOK DANIEL TIGER SE MA?

En kan ek ook ‘n bietjie daarvan kry?

Daar is ‘n rede hoekom ek nie my vólle aandag op die TV kan vestig wanneer ek vir my kinders ‘n storietjie opsit om te kyk nie. Daai rede is my ‘sanity’.

Aan die een kant skep ek immers juis met skermtyd vir myself ‘n geleentheid om gou asem te skep, maar terselfdertyd is ek duidelik ook nie die storieskeppers se teikenmark nie, want gits … dit kan ‘n mens mál maak om dit eers te begin analiseer! ?

Soos byvoorbeeld:
– Kan die grootmense in Adventure Bay hoegenaamd ENIGIETS vir hulself doen sonder die Paw Patrollie? Om van daai burgemeester en haar hoender-obsessie nie eers te praat nie …
– Wáár is Dapper Dora se ouers as sy so losklos die wildernes inboender?
– As die Bubble Guppies onder die water bly, hoe is dit moontlik dat hulle kan vlieg/in ‘n swembad induik/vaste kos eet sonder dat enigiets dryf? Wat’s die punt van borrels?
– Wanneer slaap die outjies van PJ Masks? En hoe weet hul ouers nie van hul middernagtelike eskapades nie?
– Hoe besope moes die skeppers nie gewees het om die eienaardigheid van die Teletubbies op te droom nie?

Maar terug by Mev Kop-in-die-wolke Tier …
Hoe de hel kry sy dit reg om so kalm te bly?

Want al die wyn in die wêreld gaan nie vir my help om my stem 100% van die tyd so geduldig te kan gebruik terwyl my tiertjie tantrums gooi nie.

Dis die belaglikste van ál die storiedinge! Is dit net ek?

Watter stories dryf jóú na waansin?

Deel ‘n bietjie … laat die malligheid dan maar seëvier! Enigiets om ‘n oomblik vir onsself te kry. 😉

Heerlike dag vir jou,
Naguil Juanli



Deel die artikel

Deel op
Deel op

Lewer Kommentaar

Nuusbriewe